-
-
Afrikaans (1953)
-
-
21
|1 Pedro 3:21|
waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as 'n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as 'n bede tot God om 'n goeie gewete--deur die opstanding van Jesus Christus
-
22
|1 Pedro 3:22|
wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is.
-
1
|1 Pedro 4:1|
Omdat Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde,
-
2
|1 Pedro 4:2|
om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God.
-
3
|1 Pedro 4:3|
Want dit is genoeg dat ons die afgelope lewenstyd die wil van die heidene volbring het deur te wandel in ongebondenheid, begeerlikheid, dronkenskap, brasserye, drinkpartye en ongeoorloofde afgoderye.
-
4
|1 Pedro 4:4|
Daarom vind hulle dit vreemd as julle nie saamloop in dieselfde uitgieting van losbandigheid nie, en hulle laster.
-
5
|1 Pedro 4:5|
Hulle sal rekenskap gee aan Hom wat gereed staan om die lewende en die dode te oordeel.
-
6
|1 Pedro 4:6|
Want daarom is ook aan die dode die evangelie verkondig, sodat hulle wel geoordeel kan word na die mens in die vlees, maar lewe na God in die gees.
-
7
|1 Pedro 4:7|
En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.
-
8
|1 Pedro 4:8|
Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal 'n menigte sondes bedek.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 2 Corintios 5-7