- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|2 Timoteo 3:11|
									vervolginge, lyding, soos my te beurt geval het in Antiochíë, in Ikónium, in Listre. Watter vervolginge het ek nie al verdra nie! En die Here het my uit almal verlos.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|2 Timoteo 3:12|
									En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|2 Timoteo 3:13|
									Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|2 Timoteo 3:14|
									Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het,									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|2 Timoteo 3:15|
									en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|2 Timoteo 3:16|
									Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|2 Timoteo 3:17|
									sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18