- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|2 Timoteo 4:11|
									Lukas is alleen by my. Markus moet jy gaan haal en saam met jou bring, want hy kan my baie tot diens wees.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|2 Timoteo 4:12|
									Tíchikus het ek na Éfese gestuur.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|2 Timoteo 4:13|
									As jy kom, moet jy die reismantel bring wat ek by Carpus in Troas laat bly het, en die boeke, veral die perkamente.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|2 Timoteo 4:14|
									Alexander, die kopersmid, het my baie kwaad aangedoen. Mag die Here hom vergeld na sy werke!									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|2 Timoteo 4:15|
									Jy moet ook vir hom oppas, want hy het ons woorde sterk teëgestaan.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|2 Timoteo 4:16|
									In my eerste verdediging het niemand my bygestaan nie, maar almal het my verlaat. Mag dit hulle nie toegereken word nie!									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|2 Timoteo 4:17|
									Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking heeltemal volbring kan word en al die heidene dit kan hoor; en ek is uit die bek van die leeu verlos.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|2 Timoteo 4:18|
									En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|2 Timoteo 4:19|
									Groet Prisca en Aquila en die huis van Onesíforus.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|2 Timoteo 4:20|
									Erástus het in Korinthe gebly. Trófimus het ek siek in Miléte agtergelaat.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18