- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Cantares 5:11|
									Sy hoof is goud, suiwer goud; sy haarlokke is golwende, swart soos 'n raaf,									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Cantares 5:12|
									sy oë soos duiwe by waterstrome, in melk gewas, sittend by 'n volle bron.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Cantares 5:13|
									Sy wange is soos balsembeddings, terrasbeddings van geurige plante; sy lippe is lelies wat van vloeiende mirre drup.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Cantares 5:14|
									Sy hande is ronde stawe van goud, ingevul met chrisoliet, sy liggaam 'n kunswerk van ivoor, bedek met saffierstene.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Cantares 5:15|
									Sy bene is marmerpilare wat rus op voetstukke van fyn goud; sy gestalte is soos die Líbanon, uitgesoek soos die seders.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Cantares 5:16|
									Sy verhemelte is pure soetigheid, ja, hy is geheel en al die lieflikheid self. Dit is my beminde en dit is my vriend, dogters van Jerusalem.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18