-
-
Afrikaans (1953)
-
-
1
|Cantares 7:1|
Hoe mooi is u skrede in die skoene, o edele dogter! Die golwende lyne van u heupe is soos halssierade, 'n werk van kunstenaarshande.
-
2
|Cantares 7:2|
U nawel is 'n ronde kom--laat die gemengde wyn nie ontbreek nie. U liggaam is 'n hoop koring, omring deur lelies.
-
3
|Cantares 7:3|
U twee borste is soos twee lammers, tweelinge van 'n gemsbok.
-
4
|Cantares 7:4|
U hals is soos 'n ivoortoring, u oë vywers in Hesbon by die poort Bat-Rabbim; u neus soos die toring van die Líbanon wat na Damaskus toe uitkyk.
-
5
|Cantares 7:5|
U hoof op u is soos die Karmel, en die golwende hare van u hoof soos purper--'n koning gevang in haarlokke!
-
6
|Cantares 7:6|
Hoe mooi en hoe lieflik is u, o liefde, onder al die genietinge!
-
7
|Cantares 7:7|
U hoë gestalte daar lyk soos 'n dadelpalm, en u borste soos vrugtetrosse.
-
8
|Cantares 7:8|
Ek het gedink: Laat ek op die dadelpalm klim, laat ek sy trosse gryp; en laat u borste tog wees soos trosse van die wingerdstok, en die geur van u asem soos dié van appels,
-
9
|Cantares 7:9|
en u verhemelte soos die beste wyn wat vir my beminde saggies na binne gly, en oor die lippe vloei van die wat inslaap.
-
10
|Cantares 7:10|
Ek is my beminde s'n, en sy begeerte is na my.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 5-7