-
-
Afrikaans (1953)
-
-
11
|Daniel 8:11|
Selfs tot by die Vors van die leër het dit groot geword, sodat die voortdurende offer Hom ontneem en sy heilige woning neergewerp is.
-
12
|Daniel 8:12|
En 'n leër is aan die horing oorgelewer in goddeloosheid saam met die voortdurende offer; en dit het die waarheid op die grond neergewerp en in sy optrede voorspoed gehad.
-
13
|Daniel 8:13|
Toe hoor ek 'n heilige spreek; en 'n ander heilige het aan die een wat spreek, gesê: Hoe lank sal die gesig duur--van die voortdurende offer en die ontsettende goddeloosheid--sal die heiligdom sowel as die leër aan vertrapping oorgegee word?
-
14
|Daniel 8:14|
En hy het vir my gesê: Twee duisend drie honderd aande en môres, dan sal die heiligdom in sy regte staat herstel word.
-
15
|Daniel 8:15|
En toe ek, Daniël, die gesig gesien het, het ek probeer om dit te verstaan, en kyk, daar het iemand voor my gestaan wat soos 'n man gelyk het.
-
16
|Daniel 8:16|
En ek het 'n mensestem gehoor uit die Ulai wat geroep en gesê het: Gabriël, laat hierdie een die gesig verstaan!
-
17
|Daniel 8:17|
Toe kom hy by my staanplek; en toe hy kom, het ek geskrik en op my aangesig geval. En hy het vir my gesê: Let op, mensekind, want die gesig sien op die tyd van die einde.
-
18
|Daniel 8:18|
En terwyl hy met my spreek, het ek bewusteloos met my aangesig op die grond geval; toe het hy my aangeroer en my op my staanplek opgerig
-
19
|Daniel 8:19|
en gesê: Kyk, ek maak jou bekend wat aan die einde van die strafgerig sal gebeur, want dit sien op die bepaalde tyd van die einde.
-
20
|Daniel 8:20|
Die ram wat jy gesien het met die twee horings, is die konings van die Meders en die Perse.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 5-7