- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									20
									 
									 
									|Daniel 2:20|
									Daniël het toe gespreek en gesê: Mag die Naam van God geprys word van ewigheid tot ewigheid, want die wysheid en die krag is syne.									
									    
								 
- 
									
									21
									 
									 
									|Daniel 2:21|
									Hy tog verander die tye en die geleenthede; Hy sit konings af en stel konings aan; Hy verleen wysheid aan die wyse manne en kennis aan die wat insig het;									
									    
								 
- 
									
									22
									 
									 
									|Daniel 2:22|
									Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge; Hy weet wat in die duister is, en die lig woon by Hom.									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|Daniel 2:23|
									U, God van my vaders, loof en prys ek, want U het my wysheid en krag verleen, en nou het U my bekend gemaak wat ons van U afgesmeek het, want die saak van die koning het U ons bekend gemaak.									
									    
								 
- 
									
									24
									 
									 
									|Daniel 2:24|
									Daarom het Daniël ingegaan na Ariog, wat die koning aangestel het om die wyse manne van Babel om te bring; hy het gegaan en vir hom só gesê: Moenie die wyse manne van Babel ombring nie; bring my in voor die koning, dan sal ek aan die koning die uitlegging te kenne gee.									
									    
								 
- 
									
									25
									 
									 
									|Daniel 2:25|
									Toe het Ariog Daniël haastig voor die koning ingebring en só vir hom gesê: Ek het 'n man onder die ballinge van Juda gevind wat die koning die uitlegging bekend sal maak.									
									    
								 
- 
									
									26
									 
									 
									|Daniel 2:26|
									Die koning het geantwoord en aan Daniël, wie se naam Béltsasar was, gesê: Is jy in staat om aan my die droom wat ek gesien het, en sy uitlegging bekend te maak?									
									    
								 
- 
									
									27
									 
									 
									|Daniel 2:27|
									Daniël het in teenwoordigheid van die koning geantwoord en gesê: Die geheim waarna die koning vra, kan die wyse manne, die besweerders, die geleerdes, die waarsêers nie aan die koning te kenne gee nie.									
									    
								 
- 
									
									28
									 
									 
									|Daniel 2:28|
									Maar daar is 'n God in die hemel wat geheime openbaar, en Hy het koning Nebukadnésar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur. U droom en die gesigte van u hoof op u bed was dit:									
									    
								 
- 
									
									29
									 
									 
									|Daniel 2:29|
									Wat u betref, o koning, u gedagtes op u bed het opgestyg oor wat hierna sal gebeur, en die Openbaarder van die geheime het u bekend gemaak wat sal gebeur.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18