- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									15
									 
									 
									|Efesios 4:15|
									maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Efesios 4:16|
									uit wie die hele liggaam--goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate--die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Efesios 4:17|
									Dit sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie--									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Efesios 4:18|
									mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart;									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Efesios 4:19|
									wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Efesios 4:20|
									Maar julle het Christus nie so leer ken nie,									
									    
								 
- 
									
									21
									 
									 
									|Efesios 4:21|
									as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus:									
									    
								 
- 
									
									22
									 
									 
									|Efesios 4:22|
									dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan,									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|Efesios 4:23|
									en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed									
									    
								 
- 
									
									24
									 
									 
									|Efesios 4:24|
									en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18