-
-
Afrikaans (1953)
-
-
21
|Filipenses 3:21|
wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.
-
1
|Filipenses 4:1|
Daarom, my geliefde broeders, na wie ek ook verlang, my blydskap en kroon, staan so vas in die Here, geliefdes.
-
2
|Filipenses 4:2|
Ek vermaan Euódia en ek vermaan Síntiché om eensgesind te wees in die Here.
-
3
|Filipenses 4:3|
En ek vra jou ook, opregte metgesel, wees hierdie vroue behulpsaam wat met my saam gestry het in die evangelie, ook saam met Clemens en my ander mede-arbeiders wie se name in die boek van die lewe is.
-
4
|Filipenses 4:4|
Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!
-
5
|Filipenses 4:5|
Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.
-
6
|Filipenses 4:6|
Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.
-
7
|Filipenses 4:7|
En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
-
8
|Filipenses 4:8|
Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is--watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
-
9
|Filipenses 4:9|
En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5