- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Joel 1:1|
									Die woord van die HERE wat tot Joël, die seun van Pétuel, gekom het.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Joel 1:2|
									Hoor dit, o oudstes, en luister, alle inwoners van die land! Het so iets ooit in julle dae of in die dae van julle vaders plaasgevind?									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Joel 1:3|
									Vertel daarvan aan julle kinders, en julle kinders aan hulle kinders, en húlle kinders aan die volgende geslag:									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Joel 1:4|
									Wat die afknyper laat oorbly het, het die treksprinkaan verslind; en wat die treksprinkaan laat oorbly het, het die voetganger verslind; en wat die voetganger laat oorbly het, het die kaalvreter verslind.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Joel 1:5|
									Word wakker, julle dronkaards, en ween! En huil, al julle wyndrinkers! Oor die mos, omdat dit van julle mond weggeruk is.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Joel 1:6|
									Want 'n sterk en ontelbare nasie het opgetrek oor my land; sy tande is leeutande, en dit kan byt soos 'n leeuin.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Joel 1:7|
									Dit het my wingerdstok verwoes en my vyeboom versplinter; dit het ál sy bas afgeskil en weggegooi; die lote daarvan het wit geword.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Joel 1:8|
									Weeklaag soos 'n jonkvrou wat oor die bruidegom van haar jeug met 'n roukleed omgord is.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Joel 1:9|
									Spysoffer en drankoffer is ontruk aan die huis van die HERE; die priesters, die dienaars van die HERE, treur.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Joel 1:10|
									Die veld is verwoes, die akkerland treur; want die koring is verwoes, die mos het weggedroog, die olie het verdwyn.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15