-
-
Afrikaans (1953)
-
-
11
|Jueces 12:11|
En ná hom het Elon, die Sebuloniet, Israel gerig; en hy het Israel tien jaar lank gerig.
-
12
|Jueces 12:12|
En Elon, die Sebuloniet, het gesterwe en is begrawe in Ajalon, in die land Sébulon.
-
13
|Jueces 12:13|
En ná hom het Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, Israel gerig.
-
14
|Jueces 12:14|
En hy het veertig seuns en dertig kleinseuns gehad wat op sewentig jong esels gery het; en hy het Israel agt jaar lank gerig.
-
15
|Jueces 12:15|
En Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, het gesterwe en is begrawe in Píreaton, in die land Efraim, op die gebergte van die Amalekiete.
-
1
|Jueces 13:1|
En toe die kinders van Israel weer doen wat verkeerd is in die oë van die HERE, het die HERE hulle oorgegee in die hand van die Filistyne, veertig jaar lank.
-
2
|Jueces 13:2|
En daar was 'n man uit Sórea, uit die geslag van die Daniete, met die naam van Manóag; en sy vrou was onvrugbaar en het geen kinders gehad nie.
-
3
|Jueces 13:3|
Maar die Engel van die HERE het aan die vrou verskyn en vir haar gesê: Kyk, jy is onvrugbaar en het geen kinders gehad nie, maar jy sal swanger word en 'n seun baar.
-
4
|Jueces 13:4|
Neem jou dan nou tog in ag en drink geen wyn of sterk drank nie en eet niks wat onrein is nie.
-
5
|Jueces 13:5|
Want kyk, jy sal swanger word en 'n seun baar, en geen skeermes mag op sy hoof kom nie; want die seun sal van die moederskoot af 'n nasireër van God wees, en hy sal Israel begin verlos uit die hand van die Filistyne.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer Ezequiel 45-48