-
-
Afrikaans (1953)
-
-
13
|Marcos 4:13|
En Hy sê vir hulle: Begryp julle nie hierdie gelykenis nie? En hoe sal julle al die gelykenisse verstaan?
-
14
|Marcos 4:14|
Die saaier saai die woord.
-
15
|Marcos 4:15|
En dit is hulle wat langs die pad is--waar die woord gesaai word, maar sodra hulle dit gehoor het, kom die Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle harte gesaai is.
-
16
|Marcos 4:16|
Net so ook is hulle by wie op rotsagtige plekke gesaai word--wat, as hulle die woord hoor, dit dadelik met blydskap aanneem,
-
17
|Marcos 4:17|
maar geen wortel in hulleself het nie; hulle is net vir 'n tyd. Later as daar verdrukking of vervolging kom ter wille van die woord, struikel hulle dadelik.
-
18
|Marcos 4:18|
En hulle by wie in die dorings gesaai word--dit is hulle wat die woord hoor,
-
19
|Marcos 4:19|
en die sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met die ander dinge kom in en verstik die woord, en dit word onvrugbaar.
-
20
|Marcos 4:20|
En dit is hulle by wie in die goeie grond gesaai is--hulle wat die woord hoor en aanneem en vrugte dra: een dertig-- en een sestig-- en een honderdvoudig.
-
21
|Marcos 4:21|
En Hy het vir hulle gesê: Die lamp kom tog nie om onder die maatemmer of onder die bed gesit te word nie. Is dit nie om op die staander gesit te word nie?
-
22
|Marcos 4:22|
Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, en daar is niks weggesteek nie of dit moet in die lig kom.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 11-13