-
-
Afrikaans (1953)
-
-
22
|Marcos 5:22|
En daar kom een van die owerstes van die sinagoge met die naam van Jaïrus; en toe hy Hom sien, val hy aan sy voete neer
-
23
|Marcos 5:23|
en smeek Hom dringend en sê: My dogtertjie is op haar uiterste; kom lê haar die hande op, sodat sy gesond kan word, en sy sal lewe.
-
24
|Marcos 5:24|
En Hy het saam met hom gegaan. En 'n groot menigte het Hom gevolg en Hom verdring.
-
25
|Marcos 5:25|
En 'n sekere vrou wat twaalf jaar lank bloedvloeiing gehad het
-
26
|Marcos 5:26|
en veel onder baie geneeshere gely en al haar besittings uitgegee het sonder om enige baat te vind, maar eerder erger geword het,
-
27
|Marcos 5:27|
het van Jesus gehoor en onder die skare van agter gekom en sy kleed aangeraak;
-
28
|Marcos 5:28|
want sy het gesê: As ek maar sy klere kan aanraak, sal ek gesond word.
-
29
|Marcos 5:29|
En dadelik het die fontein van haar bloed opgedroog, en sy het aan haar liggaam bemerk dat sy van haar kwaal genees was.
-
30
|Marcos 5:30|
En dadelik toe Jesus in Homself die krag gewaarword wat van Hom uitgegaan het, draai Hy Hom om onder die skare en sê: Wie het my klere aangeraak?
-
31
|Marcos 5:31|
En sy dissipels antwoord Hom: U sien dat die skare U verdring, en U sê: Wie het My aangeraak?
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 11-13