-
-
Afrikaans (1953)
-
-
33
|Marcos 12:33|
en om Hom lief te hê uit die hele hart en uit die hele verstand en uit die hele siel en uit die hele krag, en om die naaste lief te hê soos jouself, is meer as al die brandoffers en die slagoffers.
-
34
|Marcos 12:34|
Toe Jesus sien dat hy verstandig geantwoord het, sê Hy vir hom: Jy is nie ver van die koninkryk van God nie. En niemand het dit meer gewaag om Hom vrae te stel nie.
-
35
|Marcos 12:35|
En terwyl Jesus in die tempel leer, antwoord Hy en sê: Hoe sê die skrifgeleerdes dat die Christus die seun van Dawid is?
-
36
|Marcos 12:36|
Want Dawid self het deur die Heilige Gees gesê: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete.
-
37
|Marcos 12:37|
Dawid self noem Hom dus Here; waarvandaan is Hy dan sy seun? En die groot menigte het graag na Hom geluister.
-
38
|Marcos 12:38|
En Hy het aan hulle in sy onderrig gesê: Pas op vir die skrifgeleerdes wat graag in lang klere rondloop en van begroetinge op die markte hou
-
39
|Marcos 12:39|
en van die voorste banke in die sinagoges en die voorste plekke by die maaltye--
-
40
|Marcos 12:40|
hulle wat die huise van die weduwees opeet en vir die skyn lang gebede doen. Hulle sal 'n swaarder oordeel ontvang.
-
41
|Marcos 12:41|
En Jesus het reg voor die skatkis gaan sit en gekyk hoe die skare geld in die skatkis gooi. En baie rykes het veel ingegooi.
-
42
|Marcos 12:42|
En daar kom een arm weduwee en gooi twee geldstukkies in, dit is 'n oortjie.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 5-7