-
-
Afrikaans (1953)
-
-
8
|Marcos 3:8|
en Jerusalem en Iduméa en van oorkant die Jordaan af. En die wat om Tirus en Sidon gewoon het, 'n groot menigte, het na Hom gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen.
-
9
|Marcos 3:9|
En Hy het aan sy dissipels gesê dat 'n skuitjie altyd vir Hom moes klaar lê vanweë die skare, sodat hulle Hom nie miskien sou verdring nie.
-
10
|Marcos 3:10|
Want Hy het baie gesond gemaak, sodat almal wat vol kwale was, op Hom toegeloop het om Hom aan te raak.
-
11
|Marcos 3:11|
En elke keer as die onreine geeste Hom sien, het hulle voor Hom neergeval en geskreeu en gesê: U is die Seun van God!
-
12
|Marcos 3:12|
En Hy het hulle herhaaldelik streng gebied om Hom nie bekend te maak nie.
-
13
|Marcos 3:13|
En Hy het op die berg geklim en na Hom geroep die wat Hy wou hê, en hulle het na Hom gekom.
-
14
|Marcos 3:14|
En Hy het twaalf aangestel, sodat hulle saam met Hom kon wees en Hy hulle kon uitstuur om te preek
-
15
|Marcos 3:15|
en mag te hê om siektes te genees en die duiwels uit te dryf.
-
16
|Marcos 3:16|
En aan Simon het Hy die bynaam Petrus gegee;
-
17
|Marcos 3:17|
en verder Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, die broer van Jakobus--aan hulle het Hy die bynaam Boanérges gegee, dit is, seuns van die donder--
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 11-13