-
-
Afrikaans (1953)
-
-
23
|Zacarías 8:23|
So sê die HERE van die leërskare: In dié dae sal tien man uit al die tale van die nasies die slip van 'n Joodse man gryp en dit vashou en sê: Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor dat God met julle is.
-
1
|Zacarías 9:1|
Godspraak. Die woord van die HERE teen die land Hadrag, en op Damaskus bly dit rus--want die HERE hou die oog op die mense en op al die stamme van Israel.
-
2
|Zacarías 9:2|
En ook teen Hamat wat daaraan grens; teen Tirus saam met Sidon, want hy is baie slim.
-
3
|Zacarías 9:3|
Ja, Tirus het vir hom 'n vesting gebou; ook het hy silwer opgehoop soos stof en goud soos modder van die strate.
-
4
|Zacarías 9:4|
Kyk, die Here sal hom in besit neem en sy skans in die see werp, en hy sal deur vuur verteer word.
-
5
|Zacarías 9:5|
Askelon sal dit sien en vrees; ook Gasa, wat sal sidder van angs; ook Ekron, omdat sy toeverlaat teleurgestel het; en uit Gasa verdwyn die koning, en Askelon bly onbewoond;
-
6
|Zacarías 9:6|
en die baster sal in Asdod woon--so sal Ek dan aan die trotsheid van die Filistyn 'n einde maak--
-
7
|Zacarías 9:7|
en Ek sal die bloed uit sy mond verwyder en sy verfoeisels tussen sy tande uit; so sal hy dan ook vir onse God oorbly en wees soos 'n stamhoof in Juda, en Ekron soos 'n Jebusiet.
-
8
|Zacarías 9:8|
En Ek sal om my huis 'n laer trek teen die leërmag, teen die wat heen en weer trek, sodat geen oorheerser hulle weer sal oorrompel nie; want nou het Ek dit met my eie oë gesien.
-
9
|Zacarías 9:9|
Verheug jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en 'n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op 'n esel--op 'n jong esel, die vul van 'n eselin.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5