-
-
Afrikaans (1953)
-
-
21
|1 Corintios 15:21|
Want aangesien die dood deur 'n mens is, is die opstanding van die dode ook deur 'n mens.
-
22
|1 Corintios 15:22|
Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;
-
23
|1 Corintios 15:23|
maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.
-
24
|1 Corintios 15:24|
Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.
-
25
|1 Corintios 15:25|
Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.
-
26
|1 Corintios 15:26|
Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.
-
27
|1 Corintios 15:27|
Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het.
-
28
|1 Corintios 15:28|
En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
-
29
|1 Corintios 15:29|
Anders, wat sal hulle doen wat hulle vir die dode laat doop, as die dode geheel en al nie opgewek word nie? Waarom laat hulle hul nog vir die dode doop?
-
30
|1 Corintios 15:30|
Waarom is ons ook elke uur in gevaar?
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5