- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|1 Corintios 16:11|
									Laat niemand hom dan minag nie, maar help hom verder in vrede, dat hy na my toe kan kom; want ek wag vir hom saam met die broeders.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|1 Corintios 16:12|
									Met betrekking tot die broeder Apollos, by hom het ek sterk aangedring om saam met die broeders na julle te gaan; maar hy was heeltemal onwillig om nou te gaan; hy sal egter gaan wanneer die tyd vir hom geleë is.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|1 Corintios 16:13|
									Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|1 Corintios 16:14|
									Laat alles by julle in liefde geskied.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|1 Corintios 16:15|
									En ek versoek julle, broeders--julle weet dat die huisgesin van Stéfanas die eersteling van Acháje is en dat hulle hul tot diens van die heiliges gestel het--									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|1 Corintios 16:16|
									dat julle ook onderworpe moet wees aan sulke mense en aan elkeen wat saamwerk en arbei.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|1 Corintios 16:17|
									En ek verbly my oor die aankoms van Stéfanas en Fortunátus en Acháïcus, omdat hulle my gemis aan julle vergoed het.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|1 Corintios 16:18|
									Want hulle het my gees verkwik en julle s'n ook. Erken sulke manne dan.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|1 Corintios 16:19|
									Die gemeentes van Asië groet julle. Aquila en Priscílla saam met die gemeente wat in hulle huis is, laat vir julle baie groete weet in die Here.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|1 Corintios 16:20|
									Al die broeders groet julle. Groet mekaar met 'n heilige kus.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15