- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									21
									 
									 
									|1 Corintios 9:21|
									Vir die wat sonder die wet is, soos een sonder wet--al is ek nie sonder die wet van God nie, maar onder die wet van Christus--om die wat sonder die wet is, te win;									
									    
								 
- 
									
									22
									 
									 
									|1 Corintios 9:22|
									vir die swakkes het ek soos 'n swakke geword om die swakke te win; vir almal het ek alles geword om in alle geval sommige te red.									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|1 Corintios 9:23|
									En ek doen dit ter wille van die evangelie, dat ek 'n deelgenoot daarvan kan word.									
									    
								 
- 
									
									24
									 
									 
									|1 Corintios 9:24|
									Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal.									
									    
								 
- 
									
									25
									 
									 
									|1 Corintios 9:25|
									En elkeen wat aan 'n wedstryd deelneem, onthou hom in alles--húlle nogal om 'n verwelklike krans te ontvang, maar ons 'n onverwelklike.									
									    
								 
- 
									
									26
									 
									 
									|1 Corintios 9:26|
									Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie.									
									    
								 
- 
									
									27
									 
									 
									|1 Corintios 9:27|
									Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15