-
-
Afrikaans (1953)
-
-
37
|1 Corintios 7:37|
Maar hy wat in sy hart vasstaan en nie onder dwang verkeer nie, maar mag het oor sy eie wil en dit in sy eie hart besluit het om sy maagd te bewaar, hy doen goed.
-
38
|1 Corintios 7:38|
Daarom, ook hy wat in die huwelik uitgee, doen goed; maar hy wat in die huwelik nie uitgee nie, doen beter.
-
39
|1 Corintios 7:39|
'n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here.
-
40
|1 Corintios 7:40|
Sy is egter gelukkiger as sy so bly, volgens my gevoele. En ek meen dat ek ook die Gees van God het.
-
1
|1 Corintios 8:1|
En met betrekking tot die offervleis aan die afgode weet ons dat ons almal kennis het. Die kennis maak opgeblase, maar die liefde stig.
-
2
|1 Corintios 8:2|
As iemand meen dat hy enige kennis het, weet hy nog niks soos 'n mens behoort te weet nie.
-
3
|1 Corintios 8:3|
Maar as iemand God liefhet, dié word deur Hom geken.
-
4
|1 Corintios 8:4|
Wat dan die eet van die offervleis aan die afgode betref, weet ons dat 'n afgod niks in die wêreld is nie, en dat daar geen ander God is nie, behalwe Een.
-
5
|1 Corintios 8:5|
Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is--soos daar baie gode en baie here is--
-
6
|1 Corintios 8:6|
tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5