-
-
Afrikaans (1953)
-
-
4
|1 Corintios 11:4|
Elke man wat bid of profeteer met iets op sy hoof, doen sy hoof oneer aan;
-
5
|1 Corintios 11:5|
maar elke vrou wat bid of profeteer met onbedekte hoof, doen haar hoof oneer aan; want dit is een en dieselfde asof haar hoof geskeer is.
-
6
|1 Corintios 11:6|
Want as 'n vrou se hoof nie bedek is nie, laat sy dan ook haar hare afsny; maar as dit vir 'n vrou lelik is om haar hare af te sny of te skeer, laat sy haar hoof bedek.
-
7
|1 Corintios 11:7|
Want 'n man moet die hoof nie bedek nie, omdat hy die beeld en heerlikheid van God is; maar die vrou is die heerlikheid van die man.
-
8
|1 Corintios 11:8|
Want die man is nie uit die vrou nie, maar die vrou uit die man.
-
9
|1 Corintios 11:9|
Want die man is ook nie ter wille van die vrou geskape nie, maar die vrou ter wille van die man.
-
10
|1 Corintios 11:10|
Daarom moet die vrou 'n aanduiding van gesag op die hoof hê ter wille van die engele.
-
11
|1 Corintios 11:11|
En tog, in die Here is die man nie sonder die vrou nie, en die vrou ook nie sonder die man nie.
-
12
|1 Corintios 11:12|
Want soos die vrou uit die man is, so is ook die man deur middel van die vrou; maar alles is uit God.
-
13
|1 Corintios 11:13|
Oordeel self: Is dit betaamlik dat 'n vrou met onbedekte hoof tot God bid?
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5