- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									36
									 
									 
									|1 Corintios 15:36|
									Dwase mens! Wat jy saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie.									
									    
								 
- 
									
									37
									 
									 
									|1 Corintios 15:37|
									En wat jy saai--jy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar 'n blote korrel, byvoorbeeld van koring of van iets anders.									
									    
								 
- 
									
									38
									 
									 
									|1 Corintios 15:38|
									Maar God gee dit 'n liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam.									
									    
								 
- 
									
									39
									 
									 
									|1 Corintios 15:39|
									Alle vlees is nie dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van vee, en dié van visse anders as dié van voëls.									
									    
								 
- 
									
									40
									 
									 
									|1 Corintios 15:40|
									En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as dié van die aardse.									
									    
								 
- 
									
									41
									 
									 
									|1 Corintios 15:41|
									Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster.									
									    
								 
- 
									
									42
									 
									 
									|1 Corintios 15:42|
									So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid;									
									    
								 
- 
									
									43
									 
									 
									|1 Corintios 15:43|
									daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag.									
									    
								 
- 
									
									44
									 
									 
									|1 Corintios 15:44|
									'n Natuurlike liggaam word gesaai, 'n geestelike liggaam word opgewek. Daar is 'n natuurlike liggaam, en daar is 'n geestelike liggaam.									
									    
								 
- 
									
									45
									 
									 
									|1 Corintios 15:45|
									So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het 'n lewende siel geword; die laaste Adam 'n lewendmakende Gees.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15