- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|1 Samuel 10:11|
									En toe elkeen wat hom van gister en eergister af geken het, sien dat hy saam met die profete profeteer, het die mense die een aan die ander gesê: Wat het tog gebeur met die seun van Kis? Is Saul ook onder die profete?									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|1 Samuel 10:12|
									En 'n man daarvandaan het geantwoord en gesê: Wie is tog hulle vader? Daarom het dit 'n spreekwoord geword: Is Saul ook onder die profete?									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|1 Samuel 10:13|
									Toe hy klaar was met profeteer, het hy op die hoogte aangekom.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|1 Samuel 10:14|
									En die oom van Saul het vir hom en sy dienaar gevra: Waar het julle heen gegaan? Daarop sê hy: Om die esels te soek; en toe ons sien dat hulle daar nie was nie, het ons na Samuel gegaan.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|1 Samuel 10:15|
									En die oom van Saul sê: Vertel my tog wat Samuel julle meegedeel het.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|1 Samuel 10:16|
									Toe sê Saul vir sy oom: Hy het ons verseker meegedeel dat die esels gevind is. Maar die saak van die koningskap, waar Samuel van gespreek het, het hy hom nie vertel nie.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|1 Samuel 10:17|
									En Samuel het die volk na die HERE in Mispa byeengeroep									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|1 Samuel 10:18|
									en aan die kinders van Israel gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek het Israel uit Egipte laat optrek en julle gered uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van al die koninkryke wat julle verdruk het.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|1 Samuel 10:19|
									Maar julle verwerp vandag julle God wat julle uit al jul onheile en node verlos het, en sê: Nee, maar jy moet 'n koning oor ons aanstel. Stel julle dan nou op voor die aangesig van die HERE volgens julle stamme en volgens julle geslagte.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|1 Samuel 10:20|
									Toe Samuel dan al die stamme van Israel laat nader kom het, is die stam van Benjamin aangewys;									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15