- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|1 Samuel 18:11|
									Toe gooi Saul die spies en sê: Ek wil Dawid teen die muur vassteek! Maar Dawid het twee maal vir hom padgegee.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|1 Samuel 18:12|
									En Saul was bevrees vir Dawid, omdat die HERE met hom was en van Saul gewyk het.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|1 Samuel 18:13|
									Daarom het Saul hom uit sy teenwoordigheid verwyder en hom aangestel as sy owerste oor duisend, sodat hy voor die manskappe uit-- en ingegaan het.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|1 Samuel 18:14|
									En Dawid was voorspoedig in al sy weë, want die HERE was met hom.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|1 Samuel 18:15|
									Toe Saul sien dat hy baie voorspoedig was, het hy vir hom bang geword.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|1 Samuel 18:16|
									Maar die hele Israel en Juda het Dawid liefgehad, want hy het voor hulle uit-- en ingegaan.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|1 Samuel 18:17|
									Verder het Saul vir Dawid gesê: Hier is my oudste dogter Merab, haar sal ek aan jou as vrou gee; wees net vir my 'n dapper man en voer die oorloë van die HERE. Want Saul het gedink: Laat my hand nie teen hom wees nie, maar laat die hand van die Filistyne teen hom wees.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|1 Samuel 18:18|
									Maar Dawid het vir Saul gesê: Wie is ek, en wat is my familie, die geslag van my vader in Israel, dat ek 'n skoonseun van die koning sou word?									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|1 Samuel 18:19|
									Maar teen die tyd dat Merab, die dogter van Saul, aan Dawid moes gegee word, is sy aan Adriël, die Meholatiet, as vrou gegee.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|1 Samuel 18:20|
									Maar Migal, die dogter van Saul, het Dawid liefgekry; en toe hulle dit aan Saul meedeel, was die saak in sy oë reg.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18