- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|1 Samuel 23:11|
									Sal die burgers van Kehíla my in sy hand uitlewer? Sal Saul afkom soos u kneg verneem het? HERE, God van Israel, gee u kneg dit tog te kenne! Toe antwoord die HERE: Hy sal afkom.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|1 Samuel 23:12|
									Daarop sê Dawid: Sal die burgers van Kehíla my en my manne in die hand van Saul uitlewer? En die HERE antwoord: Hulle sal uitlewer.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|1 Samuel 23:13|
									En Dawid het klaargemaak met sy manne, omtrent ses honderd man--hulle het uit Kehíla uitgetrek en rondgetrek waar hulle maar kon. Toe Saul berig ontvang dat Dawid uit Kehíla ontsnap het, het hy opgehou om uit te trek.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|1 Samuel 23:14|
									En Dawid het gebly in die woestyn, in die bergvestings, ook op die gebergte in die woestyn Sif; en Saul het hom aldae gesoek, maar God het hom nie in sy hand oorgegee nie.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|1 Samuel 23:15|
									Maar Dawid het bemerk dat Saul uittrek om sy lewe te soek. Dawid was naamlik in die woestyn Sif, in Hores.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|1 Samuel 23:16|
									Daarop het Jónatan, die seun van Saul, hom klaargemaak en na Dawid in Hores gegaan. En hy het hom bemoedig in God									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|1 Samuel 23:17|
									en vir hom gesê: Vrees nie, want die hand van Saul, my vader, sal jou nie vind nie, maar jy sal koning word oor Israel, en ek sal die tweede onder jou wees; en my vader Saul weet dit ook goed.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|1 Samuel 23:18|
									Toe sluit hulle twee 'n verbond voor die aangesig van die HERE; en Dawid het in Hores gebly, maar Jónatan het na sy huis gegaan.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|1 Samuel 23:19|
									Daarna het daar Sifiete opgegaan na Saul, na Gíbea, en gesê: Steek Dawid hom nie weg by ons in die bergvestings, in Hores, op die heuwel Hagíla wat suid van die wildernis lê nie?									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|1 Samuel 23:20|
									En is dit nou na u hartelus om af te kom, o koning, kom dan af, en ons sal sorg om hom in die hand van die koning uit te lewer.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18