- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|1 Samuel 1:11|
									en sy het 'n gelofte gedoen en gesê: HERE van die leërskare, as U waarlik die ellende van u diensmaagd aansien en aan my dink en u diensmaagd nie vergeet nie, maar u diensmaagd 'n manlike kind skenk, dan sal ek hom aan die HERE gee al die dae van sy lewe; en geen skeermes sal op sy hoof kom nie.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|1 Samuel 1:12|
									En toe sy lank gebid het voor die aangesig van die HERE en Eli op haar mond ag gee--									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|1 Samuel 1:13|
									want Hanna het in haar hart gespreek: net haar lippe het geroer, maar haar stem kon nie gehoor word nie--het Eli gedink dat sy dronk was.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|1 Samuel 1:14|
									En Eli sê vir haar: Hoe lank wil jy jou soos 'n dronk mens gedra? Sit jou wyn van jou af weg.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|1 Samuel 1:15|
									Maar Hanna antwoord en sê: Nee, my heer, ek is 'n vrou beswaard in my gemoed: wyn of sterk drank het ek nie gedrink nie, maar ek het my siel voor die aangesig van die HERE uitgestort.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|1 Samuel 1:16|
									Hou tog nie u dienares vir 'n deugniet nie, want vanweë my baie sorge en verdriet het ek tot nou toe gespreek.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|1 Samuel 1:17|
									En Eli antwoord en sê: Gaan in vrede, en mag die God van Israel jou bede gee wat jy van Hom gebid het.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|1 Samuel 1:18|
									Daarop sê sy: Mag u dienares guns in u oë vind. Die vrou het toe daar weggegaan, en sy het geëet en haar aangesig was anders.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|1 Samuel 1:19|
									Toe het hulle die môre vroeg klaargemaak en voor die aangesig van die HERE aanbid en teruggegaan en by hulle huis in Rama gekom; en Élkana het sy vrou Hanna beken, en die HERE het aan haar gedink.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|1 Samuel 1:20|
									En by die wisseling van die jaar het Hanna, wat swanger was, 'n seun gebaar en hom Samuel genoem; want, het sy gesê, ek het hom van die HERE gebid.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15