-
-
Afrikaans (1953)
-
-
19
|2 Corintios 8:19|
En dit nie alleen nie, maar hy is ook deur die gemeentes gekies as ons reisgenoot in verband met hierdie liefdewerk wat deur ons berei word, tot die heerlikheid van die Here self en as bewys van julle bereidwilligheid,
-
20
|2 Corintios 8:20|
om te voorkom dat iemand ons sou belaster in verband met hierdie groot bydrae wat deur ons berei word.
-
21
|2 Corintios 8:21|
Want ons bedink wat goed is nie alleen voor die Here nie, maar ook voor die mense.
-
22
|2 Corintios 8:22|
En ons het met hulle saamgestuur ons broeder wat ons dikwels in baie dinge beproef gevind het, dat hy ywerig is en nou baie yweriger deur sy groot vertroue in julle.
-
23
|2 Corintios 8:23|
Wat nou Titus betref, hy is my metgesel en medewerker by julle; of ons broeders, hulle is afgesante van die gemeentes, 'n eer vir Christus.
-
24
|2 Corintios 8:24|
Gee dan aan hulle die bewys van julle liefde en van ons roem oor julle, ook voor die gemeentes.
-
1
|2 Corintios 9:1|
Want wat die diensbetoning aan die heiliges betref, is dit vir my oorbodig om aan julle te skrywe.
-
2
|2 Corintios 9:2|
Want ek ken julle bereidwilligheid waarop ek oor julle by die Macedóniërs roem, dat Acháje 'n jaar gelede gereed was, en dat die ywer wat van julle uitgegaan het, baie ander aangespoor het.
-
3
|2 Corintios 9:3|
Maar ek het die broeders gestuur, sodat ons roem oor julle in hierdie geval nie verydel mag word nie, dat, soos ek gesê het, julle gereed kan wees,
-
4
|2 Corintios 9:4|
sodat nie miskien, as daar Macedóniërs saam met my kom en julle nie gereed vind nie, ons, om nie te sê julle nie, beskaam word in hierdie vertroue van ons roem nie.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 14-16