-
-
Afrikaans (1953)
-
-
32
|2 Corintios 11:32|
In Damaskus het die goewerneur van koning Arétas die stad van die Damaskéners laat bewaak om my te vang;
-
33
|2 Corintios 11:33|
en ek is in 'n mandjie deur 'n venster in die muur neergelaat en het aan sy hande ontkom.
-
1
|2 Corintios 12:1|
Dit is waarlik vir my nie nuttig om te roem nie, want ek sal kom tot gesigte en openbaringe van die Here.
-
2
|2 Corintios 12:2|
Ek weet van 'n man in Christus, veertien jaar gelede--of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit--dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel.
-
3
|2 Corintios 12:3|
En ek weet van so 'n man--of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit--
-
4
|2 Corintios 12:4|
dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat 'n mens nie mag uitspreek nie.
-
5
|2 Corintios 12:5|
Oor so 'n man sal ek roem, maar oor myself sal ek nie roem nie, behalwe in my swakhede.
-
6
|2 Corintios 12:6|
Want as ek sou wil roem, sou ek nie 'n dwaas wees nie, want ek sou die waarheid praat; maar ek laat dit ná, sodat niemand my hoër mag skat as wat hy van my sien of wat hy van my hoor nie.
-
7
|2 Corintios 12:7|
En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my 'n doring in die vlees gegee, 'n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie.
-
8
|2 Corintios 12:8|
Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 5-7