-
-
Afrikaans (1953)
-
-
21
|2 Reyes 2:21|
Daarop gaan hy uit na die plek waar die water uitkom en gooi die sout daarin en sê: So spreek die HERE: Ek het dié water gesond gemaak; daar sal geen dood of onvrugbaarheid meer van kom nie.
-
22
|2 Reyes 2:22|
En die water het gesond geword tot vandag toe volgens die woord van Elísa wat hy gespreek het.
-
23
|2 Reyes 2:23|
En daarvandaan het hy opgegaan na Bet-el; en terwyl hy met die pad opgaan, kom daar klein seuntjies uit die stad uit wat met hom spot en vir hom sê: Gaan op, kaalkop! Gaan op, kaalkop!
-
24
|2 Reyes 2:24|
Toe het hy agter hom omgekyk en hulle gesien en hulle gevloek in die Naam van die HERE; en twee berinne het uit die bos gekom en van hulle twee en veertig kinders verskeur.
-
25
|2 Reyes 2:25|
En hy het daarvandaan na die berg Karmel gegaan en daarvandaan na Samaría teruggekom.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 5-7