-
-
Afrikaans (1953)
-
-
28
|2 Reyes 14:28|
En die verdere geskiedenis van Jeróbeam en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, hoe hy geveg en hoe hy Damaskus en Hamat van Juda aan Israel teruggebring het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?
-
29
|2 Reyes 14:29|
En Jeróbeam het ontslaap met sy vaders, met die konings van Israel, en sy seun Sagaría het in sy plek koning geword.
-
1
|2 Reyes 15:1|
In die sewe en twintigste jaar van Jeróbeam, die koning van Israel, het Asárja, die seun van Amásia, die koning van Juda, koning geword.
-
2
|2 Reyes 15:2|
Hy was sestien jaar oud toe hy koning geword het, en twee en vyftig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jególja, van Jerusalem.
-
3
|2 Reyes 15:3|
En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, net soos sy vader Amásia gedoen het.
-
4
|2 Reyes 15:4|
Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog geoffer en op die hoogtes rook laat opgaan.
-
5
|2 Reyes 15:5|
En die HERE het die koning aangetas, sodat hy melaats was tot die dag van sy dood toe; en hy het in 'n afgesonderde huis gewoon, terwyl Jotam, die seun van die koning, oor die paleis was en reg gespreek het oor die volk van die land.
-
6
|2 Reyes 15:6|
En die verdere geskiedenis van Asárja en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
-
7
|2 Reyes 15:7|
En Asárja het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid; en sy seun Jotam het in sy plek koning geword.
-
8
|2 Reyes 15:8|
In die agt en dertigste jaar van Asárja, die koning van Juda, het Sagaría, die seun van Jeróbeam, oor Israel koning geword in Samaría--ses maande lank.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 14-16