- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Amós 7:1|
									Dit het die Here HERE my laat sien--kyk, Hy het sprinkane geformeer toe die na-gras begin uitspruit het; en kyk, dit was die na-gras nadat die snysels van die koning af was.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Amós 7:2|
									En toe hulle al die gewasse van die land afgeëet het, sê ek: Here HERE, vergeef tog! Hoe sal Jakob staande bly? want hy is klein.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Amós 7:3|
									Toe het die HERE berou gekry oor hierdie saak. Dit sal nie gebeur nie, het die HERE gesê.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Amós 7:4|
									Dit het die Here HERE my laat sien--kyk, die Here HERE roep om 'n regstryd te voer deur vuur, en dit het die groot watervloed verteer en sou die akkerland verteer het.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Amós 7:5|
									Toe sê ek: Here HERE, hou tog op! Hoe sal Jakob staande bly? want hy is klein.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Amós 7:6|
									Die HERE het berou gekry oor hierdie saak. Dit sal ook nie gebeur nie, het die Here HERE gesê.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Amós 7:7|
									Dit het Hy my laat sien--kyk, die Here het op 'n loodregte muur gestaan, en daar was 'n skietlood in sy hand.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Amós 7:8|
									Toe sê die HERE vir my: Wat sien jy, Amos? En ek het geantwoord: 'n Skietlood. Daarop sê die Here: Kyk, Ek gaan 'n skietlood aanlê in die midde van my volk Israel. Ek sal hom verder nie meer verbygaan nie.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Amós 7:9|
									En die hoogtes van Isak sal verwoes word, en die heiligdomme van Israel sal puinhope wees, en teen die huis van Jeróbeam sal Ek met die swaard optree.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Amós 7:10|
									Toe het Amásia, die priester van Bet-el, Jeróbeam, koning van Israel, laat weet: Amos het 'n sameswering gesmee teen u midde-in die huis van Israel; die land sal dit onder al sy woorde nie kan uithou nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18