- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									12
									 
									 
									|Amós 5:12|
									Want Ek weet dat julle oortreding menigvuldig en julle sondes geweldig is, julle wat die vyande is van die regverdige, wat omkoopgeld aanneem en die behoeftiges wegstoot in die poort.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Amós 5:13|
									Daarom swyg die verstandige in so 'n tyd, want dit is 'n onheilspellende tyd.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Amós 5:14|
									Soek wat goed is, en nie wat sleg is nie, sodat julle kan lewe en die HERE, die God van die leërskare, só met julle kan wees soos julle sê.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Amós 5:15|
									Julle moet haat wat sleg is en liefhê wat goed is, en handhaaf die reg in die poort--miskien sal die HERE, die God van die leërskare, Hom ontferm oor die oorblyfsel van Josef.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Amós 5:16|
									Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare, die Here: Op al die pleine weeklag! En op al die strate sal hulle sê: Ag, ag! En hulle sal na die landbouer roep om te treur, en te weeklaag na die wat verstaan om treurliedere te sing.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Amós 5:17|
									Ook sal daar in al die wingerde weeklag wees wanneer Ek in jou midde deurtrek, sê die HERE.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Amós 5:18|
									Wee die wat na die dag van die HERE verlang! Wat sal tog die dag van die HERE vir julle wees? Dit sal duisternis wees en geen lig nie.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Amós 5:19|
									Soos wanneer iemand vlug vir 'n leeu, maar 'n beer loop hom raak; of hy kom in die huis en leun met sy hand teen die muur, en 'n slang byt hom!									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Amós 5:20|
									Is die dag van die HERE nie duisternis en geen lig nie, ja, donkerheid sonder 'n ligstraal?									
									    
								 
- 
									
									21
									 
									 
									|Amós 5:21|
									Ek haat, Ek versmaad julle feeste en het geen welgevalle aan julle feestye nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15