-
-
Afrikaans (1953)
-
-
11
|Apocalipsis 9:11|
En hulle het as koning oor hulle die engel van die afgrond; sy naam in Hebreeus is Abáddon, en in Grieks het hy die naam van Apóllion.
-
12
|Apocalipsis 9:12|
Die een wee het verbygegaan; hierna kom daar nog twee weë.
-
13
|Apocalipsis 9:13|
En die sesde engel het geblaas, en ek het 'n stem gehoor uit die vier horings van die goue altaar wat voor God is,
-
14
|Apocalipsis 9:14|
en dié het aan die sesde engel met die basuin gesê: Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat.
-
15
|Apocalipsis 9:15|
Toe is die vier engele losgemaak wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om 'n derde van die mense dood te maak.
-
16
|Apocalipsis 9:16|
En die getal van die leërs van perderuiters was twee maal tien duisend maal tien duisend; en ek het hulle getal gehoor.
-
17
|Apocalipsis 9:17|
En só het ek in hierdie gesig die perde gesien en die wat op hulle sit, met vuurrooi en blou en swawelgeel borsharnasse. En die koppe van die perde was soos leeukoppe, en uit hulle bekke het vuur en rook en swawel uitgegaan.
-
18
|Apocalipsis 9:18|
Deur hierdie drie plae is 'n derde van die mense gedood, deur die vuur en deur die rook en deur die swawel wat uit hulle bekke uitgegaan het;
-
19
|Apocalipsis 9:19|
want hulle mag is in hulle bek en in hulle sterte; want hulle sterte is soos slange en het koppe, en daarmee rig hulle skade aan.
-
20
|Apocalipsis 9:20|
En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer van die werke van hul hande, om die duiwels te aanbid, of die afgode van goud en silwer en koper en klip en hout wat nie kan sien of hoor of loop nie.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5