- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Eclesiastés 1:1|
									Die woorde van die Prediker, die seun van Dawid, die koning in Jerusalem.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Eclesiastés 1:2|
									Alles tevergeefs, sê die Prediker, alles tevergeefs, dit is alles tevergeefs!									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Eclesiastés 1:3|
									Watter voordeel het die mens van al sy moeite waarmee hy hom vermoei onder die son?									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Eclesiastés 1:4|
									Die een geslag gaan, en die ander geslag kom, en die aarde bly vir ewig staan.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Eclesiastés 1:5|
									En die son gaan op, en die son gaan onder, en hy hyg na die plek waar hy opgaan.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Eclesiastés 1:6|
									Die wind gaan na die suide en slaan om na die noorde, gaan altyddeur rond, en die wind keer na sy kringloop terug.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Eclesiastés 1:7|
									Al die strome loop in die see, en tog word die see nie vol nie; na die plek waarheen die riviere loop, daarheen loop hulle altyd weer.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Eclesiastés 1:8|
									Al die dinge is so vermoeiend, geen mens kan dit uitspreek nie; die oog kry nie genoeg van sien nie, en die oor word nie vol van hoor nie.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Eclesiastés 1:9|
									Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Eclesiastés 1:10|
									Is daar iets waarvan 'n mens kan sê: Kyk hier, dit is nuut? Dit was lankal daar in die ou tyd wat voor ons gewees het.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15