- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Eclesiastés 2:1|
									Ek het in my hart gesê: Nou ja, ek sal jou met vreugde op die proef stel; geniet dan die goeie! Maar kyk, ook dit was tevergeefs.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Eclesiastés 2:2|
									Van die lag het ek gesê: Dit is onsinnig! en van die vreugde: Wat verskaf dit?									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Eclesiastés 2:3|
									Ek het in my hart daaroor nagedink om my liggaam met wyn te verkwik--terwyl my hart my met wysheid sou lei--en om aan die dwaasheid vas te hou totdat ek sou sien wat goed is vir die mensekinders, wat hulle moet doen onder die hemel gedurende die getal van hulle lewensdae.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Eclesiastés 2:4|
									Ek het groot werke onderneem: ek het vir my huise gebou, ek het vir my wingerde geplant.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Eclesiastés 2:5|
									Ek het vir my tuine en parke aangelê en daar allerhande vrugtebome in geplant.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Eclesiastés 2:6|
									Ek het vir my damme gemaak om daaruit 'n bos met jong bome te besproei.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Eclesiastés 2:7|
									Ek het slawe en slavinne gekoop en ook dié verkry wat in my huis gebore is; ek het ook 'n groot besitting van beeste en kleinvee gehad, meer as almal wat voor my in Jerusalem gewees het.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Eclesiastés 2:8|
									Ek het vir my ook silwer en goud versamel, en 'n eiendom van konings en provinsies; ek het vir my sangers en sangeresse verskaf en die genoeëns van die mensekinders: lieflinge in menigte.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Eclesiastés 2:9|
									En ek het groot en altyd groter geword bo almal wat voor my in Jerusalem gewees het; ook het my wysheid by my gebly.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Eclesiastés 2:10|
									En alles wat my oë begeer het, het ek hulle nie ontsê nie; my hart het ek van geen enkele vreugde teruggehou nie, want my hart het hom verheug vanweë al my moeitevolle arbeid, en dit was my deel van al my moeitevolle arbeid.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15