-
-
Afrikaans (1953)
-
-
11
|Eclesiastés 9:11|
Weer het ek onder die son gesien dat die wedloop nie is vir die vinniges en die oorlog nie vir die helde nie; en ook die brood is nie vir die wyse of ook rykdom vir die slimmes of ook guns vir die verstandiges nie; want tyd en lotgeval tref hulle almal.
-
12
|Eclesiastés 9:12|
Ja, die mens ken ook sy eie tyd nie, soos die visse wat gevang word in die gevaarlike net, en soos die voëls wat gevang word in die vangnet--soos hulle word die mensekinders verstrik in die tyd van onheil as dit hulle skielik oorval.
-
13
|Eclesiastés 9:13|
Ook het ek dit as wysheid gesien onder die son, en dit was groot in my oog:
-
14
|Eclesiastés 9:14|
daar was 'n klein stadjie en min manne daarin, en 'n groot koning het daarteen gekom en dit omsingel en groot beleëringswerke daarteen gebou.
-
15
|Eclesiastés 9:15|
En daarin is 'n arm wyse man gevind; dié het die stad deur sy wysheid gered, maar geen mens het aan daardie arm man gedink nie.
-
16
|Eclesiastés 9:16|
Toe het ek gesê: Wysheid is beter as heldekrag; maar die wysheid van die arme word verag, en na sy woorde word nie geluister nie.
-
17
|Eclesiastés 9:17|
Woorde van wyse manne, wat rustig aangehoor word, is beter as die geskreeu van 'n heerser onder die dwase.
-
18
|Eclesiastés 9:18|
Wysheid is beter as oorlogswapens, maar een sondaar bederf baie goeie dinge.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 2 Corintios 5-7