- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Jonás 2:1|
									En Jona het tot die HERE sy God gebid uit die ingewande van die vis									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Jonás 2:2|
									en gesê: Uit my benoudheid het ek die HERE aangeroep, en Hy het my verhoor; uit die binneste van die doderyk het ek geroep om hulp--U het my stem gehoor.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Jonás 2:3|
									U tog het my in die diepte gewerp, in die hart van die see, sodat 'n stroom my omring het; al u bare en u golwe het oor my heengegaan.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Jonás 2:4|
									Toe het ek gesê: Ek is weggestoot, weg van u oë; tog sal ek weer u heilige tempel aanskou.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Jonás 2:5|
									Waters het my omring tot aan die siel toe, die vloed was rondom my; seegras was om my hoof gedraai.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Jonás 2:6|
									Ek het afgedaal tot by die grondslae van die berge, die grendels van die aarde het my vir altyd ingesluit; maar U het my lewe uit die kuil opgetrek, HERE my God!									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Jonás 2:7|
									Toe my siel in my versmag het, het ek aan die HERE gedink; en my gebed het tot by U gekom in u heilige tempel.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Jonás 2:8|
									Die wat nietige afgode vereer, verlaat die Een wat vir hulle goedertieren is.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Jonás 2:9|
									Ek daarenteen sal aan U offer met 'n stem van lof; wat ek beloof het, sal ek betaal. Die heil behoort aan die HERE.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Jonás 2:10|
									Daarop het die HERE die vis beveel om Jona op die droë grond uit te spuug.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15