-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
1
|Job 16:1|
Maar Job het geantwoord en gesê:
-
2
|Job 16:2|
Dergelike dinge het ek al baie gehoor: treurige vertroosters is julle almal.
-
3
|Job 16:3|
Kom daar nou 'n einde aan winderige woorde? Of wat prikkel jou dat jy antwoord?
-
4
|Job 16:4|
Ek sou ook kon spreek soos julle as julle siel in die plek van my siel was; ek sou woorde aanmekaar kon koppel teen julle en my hoof oor julle skud;
-
5
|Job 16:5|
ek sou julle kon versterk met my mond, en die troos van my lippe sou versagting aanbring!
-
6
|Job 16:6|
As ek sou spreek, my smart word nie versag nie; en as ek ophou--watter verligting bring dit my?
-
7
|Job 16:7|
Maar nou het Hy my uitgeput; U het my hele huishouding verwoes.
-
8
|Job 16:8|
En U het my gegryp--'n getuie het dit teen my geword; en my siekte staan teen my op, dit getuig openlik teen my.
-
9
|Job 16:9|
Sy toorn het verskeur en my as vyand behandel; Hy het teen my gekners met sy tande; as my teëstander kyk Hy my met skerp oë aan.
-
10
|Job 16:10|
Hulle het hul mond teen my oopgespalk; smadelik het hulle my op die kakebeen geslaan; soos een man versamel hulle hul teen my.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 5-7