-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
2
|Job 11:2|
Moet die menigte van woorde onbeantwoord bly? Of moet 'n loslippige man reg hê?
-
3
|Job 11:3|
Sou jou gepraat manne laat swyg, sodat jy spot--sonder dat iemand jou beskaamd maak--
-
4
|Job 11:4|
en sê: Suiwer is my leer, en rein is ek in u oë?
-
5
|Job 11:5|
Maar, ag, as Gód maar wou spreek en sy lippe open teen jou!
-
6
|Job 11:6|
En jou bekend wou maak dat die verborgenhede van die wysheid die insig verdubbel! Sodat jy kan weet dat God vir jou 'n deel van jou skuld deur die vingers sien.
-
7
|Job 11:7|
Kan jy die dieptes van God peil? Of sal jy kan deurdring tot by die volmaaktheid van die Almagtige?
-
8
|Job 11:8|
Hoogtes van die hemel is dit--wat kan jy doen? Dieper as die doderyk--wat kan jy weet?
-
9
|Job 11:9|
Langer as die aarde is die maat daarvan en breër as die see.
-
10
|Job 11:10|
As Hy verbyskuiwe en gevange neem en 'n regsvergadering oproep--wie sal Hom dan teëhou?
-
11
|Job 11:11|
Want Hy ken die valse mense, en Hy sien die ongeregtigheid sonder dat Hy juis daarop ag gee.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 8-10