-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953) -
-
26
|Job 28:26|
toe Hy vir die reën 'n wet gestel het en 'n weg vir die onweerstraal,
-
27
|Job 28:27|
toe het Hy die wysheid gesien en dit verkondig; Hy het dit opgestel en dit ook deurvors.
-
28
|Job 28:28|
Maar aan die mens het Hy gesê: Kyk, die vrees van die HERE is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.
-
1
|Job 29:1|
En Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:
-
2
|Job 29:2|
Ag, was ek maar soos in die vorige maande, soos in die dae toe God my bewaar het;
-
3
|Job 29:3|
toe sy lamp bo my hoof geskyn het, ek by sy lig die duisternis deurwandel het;
-
4
|Job 29:4|
soos ek was in my herfsdae toe die verborgenheid van God oor my tent was;
-
5
|Job 29:5|
toe die Almagtige nog by my was, my kinders rondom my;
-
6
|Job 29:6|
toe my voetstappe gewas is in dikmelk en die rots by my strome van olie uitgegiet het.
-
7
|Job 29:7|
Toe ek uitgegaan het na die poort, op na die stad toe, op die markplein my sitplek reggemaak het,
-
-
Sugerencias

Haga clic para leer Santiago 1-5