-
-
Afrikaans (1953)
-
-
6
|Marcos 11:6|
En hulle antwoord hul soos Jesus beveel het. Toe laat hulle hul begaan.
-
7
|Marcos 11:7|
En hulle het die vul na Jesus gebring en hulle klere daarop gelê, en Hy het op hom gaan sit.
-
8
|Marcos 11:8|
Toe gooi baie mense hulle klere op die pad oop, en ander kap takke van die bome af en strooi dit op die pad.
-
9
|Marcos 11:9|
En die wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!
-
10
|Marcos 11:10|
Geseënd is die koninkryk wat kom in die Naam van die Here, die koninkryk van ons vader Dawid! Hosanna in die hoogste hemele!
-
11
|Marcos 11:11|
En Jesus het in Jerusalem gekom en in die tempel. En nadat Hy alles rondom bekyk het, en omdat dit al aand was, het Hy met die twaalf uitgegaan na Betánië.
-
12
|Marcos 11:12|
En die volgende dag, onderwyl hulle uit Betánië gaan, het Hy honger gehad;
-
13
|Marcos 11:13|
en toe Hy op 'n afstand 'n vyeboom met blare sien, het Hy daarheen gegaan in die hoop om iets daaraan te vind; en toe Hy daarby kom, vind Hy niks as blare nie, want dit was nie die tyd van vye nie.
-
14
|Marcos 11:14|
En Jesus spreek en sê vir hom: Laat niemand ooit in der ewigheid van jou 'n vrug eet nie! En sy dissipels het dit gehoor.
-
15
|Marcos 11:15|
En hulle het in Jerusalem gekom; en toe Jesus in die tempel ingaan, begin Hy om die wat in die tempel verkoop en koop, uit te jaag; en die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers het Hy omgegooi;
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 8-10