- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									61
									 
									 
									|Nehemías 7:61|
									En dit is hulle wat opgetrek het uit Tel-Melag, Tel-Harsa, Kerub, Addon en Immer, maar wat nie hul familie en hul afkoms kon aanwys, of hulle uit Israel afkomstig was nie--									
									    
								 
- 
									
									62
									 
									 
									|Nehemías 7:62|
									die kinders van Delája, die kinders van Tobía, die kinders van Nekóda: ses honderd twee en veertig.									
									    
								 
- 
									
									63
									 
									 
									|Nehemías 7:63|
									En van die priesters: die kinders van Habája, die kinders van Hakkos, die kinders van Barsíllai, wat uit die dogters van Barsíllai, die Gileadiet, 'n vrou geneem het en na hulle naam genoem is.									
									    
								 
- 
									
									64
									 
									 
									|Nehemías 7:64|
									Hulle het hul stamboom gesoek onder die wat in die register opgeneem is, maar dit was nie te vinde nie; daarom is hulle onbevoeg verklaar vir die priesterskap.									
									    
								 
- 
									
									65
									 
									 
									|Nehemías 7:65|
									En die goewerneur het aan hulle gesê dat hulle nie mag eet van die hoogheilige gawes nie, totdat die priester sou optree met Urim en Tummim.									
									    
								 
- 
									
									66
									 
									 
									|Nehemías 7:66|
									Die hele vergadering saam was twee en veertig duisend drie honderd en sestig;									
									    
								 
- 
									
									67
									 
									 
									|Nehemías 7:67|
									behalwe hulle slawe en hulle slavinne; dié was sewe duisend drie honderd sewe en dertig. En hulle het twee honderd vyf en veertig sangers en sangeresse gehad.									
									    
								 
- 
									
									68
									 
									 
									|Nehemías 7:68|
									Hulle perde was sewe honderd ses en dertig; hulle muile twee honderd vyf en veertig;									
									    
								 
- 
									
									69
									 
									 
									|Nehemías 7:69|
									kamele, vier honderd vyf en dertig; esels, ses duisend sewe honderd en twintig.									
									    
								 
- 
									
									70
									 
									 
									|Nehemías 7:70|
									En 'n deel van die familiehoofde het bygedra vir die werk; die goewerneur se bydrae tot die fonds was: in goud duisend dragmes, vyftig komme, vyf honderd en dertig priesterrokke.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18