-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
1
|Proverbios 19:1|
'n Arme wat in sy regskapenheid wandel, is beter as 'n verkeerde van lippe en daarby 'n dwaas.
-
2
|Proverbios 19:2|
Selfs ywer is sonder kennis nie goed nie; en hy wat haastig is met die voete, trap mis.
-
3
|Proverbios 19:3|
'n Mens se sotheid bederwe sy weg, maar sy hart is vertoorn op die HERE.
-
4
|Proverbios 19:4|
Goed bring baie vriende aan, maar die arme word deur sy vriend verlaat.
-
5
|Proverbios 19:5|
'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, sal nie vrykom nie.
-
6
|Proverbios 19:6|
Baie soek die guns van die edele, en die man van geskenke het 'n hoop vriende.
-
7
|Proverbios 19:7|
Al die broers van die arme haat hom; hoeveel te meer hou sy vriende hulle ver van hom af! Hy jaag agter hulle aan met woorde--weg is hulle!
-
8
|Proverbios 19:8|
Wie verstand verkry, het sy lewe lief; hy wat insig bewaar, sal die goeie vind.
-
9
|Proverbios 19:9|
'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, kom om.
-
10
|Proverbios 19:10|
Weelde pas nie vir 'n dwaas nie, hoeveel minder vir 'n kneg om oor vorste te heers!
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer Éxodo 5-8