-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
27
|Proverbios 23:27|
Want 'n hoer is 'n diep kuil, en 'n ontugtige vrou is 'n nou put.
-
28
|Proverbios 23:28|
Sy lê ook en loer soos 'n rower en vermeerder die ontroues onder die mensdom.
-
29
|Proverbios 23:29|
By wie is Ag!; by wie is Wee my!; by wie is getwis; by wie is geklaag; by wie is wonde sonder oorsaak; by wie is dofheid van oë?
-
30
|Proverbios 23:30|
By die wat láát opbly by die wyn, by die wat ingaan om gemengde drank te proe.
-
31
|Proverbios 23:31|
Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie:
-
32
|Proverbios 23:32|
op die end byt dit soos 'n slang en spuug gif uit soos 'n basilisk.
-
33
|Proverbios 23:33|
Jou oë sal vreemde dinge sien en jou hart verkeerde dinge spreek;
-
34
|Proverbios 23:34|
en jy sal wees soos een wat in die hart van die see lê en soos een wat op die top van die mas lê.
-
35
|Proverbios 23:35|
Hulle het my geslaan, sê jy dan, ek het geen pyn gevoel nie; hulle het my neergeslaan, ek het dit nie gemerk nie!
-
36
|Proverbios 23:36|
Wanneer sal ek wakker word? Dan sal ek dit weer opnuut soek.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 11-13