-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
21
|Proverbios 27:21|
Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, so is 'n man volgens die roem wat hy geniet.
-
22
|Proverbios 27:22|
Al stamp jy die sot in 'n stampblok tussen graankorrels met 'n stamper, sy sotheid sal nie van hom wyk nie.
-
23
|Proverbios 27:23|
Gee noukeurig ag op die voorkoms van jou skape, rig jou aandag op die troppe vee;
-
24
|Proverbios 27:24|
want 'n skat is nie vir ewig nie--of sal 'n kroon wees van geslag tot geslag?
-
25
|Proverbios 27:25|
As die gras verdwyn en die jong gras verskyn en die bossies van die berge bymekaargemaak word,
-
26
|Proverbios 27:26|
dan is daar lammers vir jou kleding en bokke as 'n koopprys vir grond,
-
27
|Proverbios 27:27|
en genoeg bokmelk as voeding vir jou huis en as lewensonderhoud vir jou diensmeisies.
-
1
|Proverbios 28:1|
Die goddelose vlug sonder dat daar 'n vervolger is, maar die regverdiges voel hulle veilig soos 'n jong leeu.
-
2
|Proverbios 28:2|
Deur die oortreding van 'n land word sy vorste baie, maar deur 'n verstandige mens met kennis is die reg duursaam.
-
3
|Proverbios 28:3|
'n Man wat arm is en die armes verdruk, is soos 'n reën wat wegspoel en geen brood bring nie.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 11-13