- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Santiago 1:1|
									Jakobus, 'n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete!									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Santiago 1:2|
									Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Santiago 1:3|
									omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Santiago 1:4|
									Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Santiago 1:5|
									En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Santiago 1:6|
									Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Santiago 1:7|
									Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie--									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Santiago 1:8|
									so 'n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Santiago 1:9|
									Maar laat die broeder wat gering is, roem in sy hoogheid,									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Santiago 1:10|
									en die ryke in sy geringheid, want soos 'n blom van die gras sal hy verbygaan.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15