-
-
Afrikaans (1953)
-
-
11
|1 Corintios 12:11|
Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.
-
12
|1 Corintios 12:12|
Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.
-
13
|1 Corintios 12:13|
Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.
-
14
|1 Corintios 12:14|
Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie.
-
15
|1 Corintios 12:15|
As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie--behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?
-
16
|1 Corintios 12:16|
En as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie--behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?
-
17
|1 Corintios 12:17|
As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees?
-
18
|1 Corintios 12:18|
Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het.
-
19
|1 Corintios 12:19|
As almal een lid was, waar sou die liggaam wees?
-
20
|1 Corintios 12:20|
Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5