-
-
Afrikaans (1953)
-
-
21
|1 Corintios 12:21|
En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie.
-
22
|1 Corintios 12:22|
Maar veel eerder is dié lede van die liggaam noodsaaklik wat die swakste lyk;
-
23
|1 Corintios 12:23|
en dié lede van die liggaam wat vir ons minder eerbaar lyk, beklee ons met oorvloediger eer, en so het ons onsierlike lede oorvloediger sierlikheid,
-
24
|1 Corintios 12:24|
terwyl ons sierlike lede dit nie nodig het nie; maar God het die liggaam saamgestel en aan die misdeelde lid oorvloediger eer gegee,
-
25
|1 Corintios 12:25|
sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra.
-
26
|1 Corintios 12:26|
En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.
-
27
|1 Corintios 12:27|
Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.
-
28
|1 Corintios 12:28|
En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.
-
29
|1 Corintios 12:29|
Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie?
-
30
|1 Corintios 12:30|
Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê?
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5