-
-
Afrikaans (1953)
-
-
11
|1 Corintios 14:11|
As ek dan die betekenis van die klank nie ken nie, sal ek vir die spreker 'n vreemdeling wees, en die spreker sal vir my 'n vreemdeling wees.
-
12
|1 Corintios 14:12|
So moet julle ook, terwyl julle streef na geestelike gawes, probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente.
-
13
|1 Corintios 14:13|
Daarom moet hy wat in 'n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê.
-
14
|1 Corintios 14:14|
Want as ek in 'n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar.
-
15
|1 Corintios 14:15|
Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing.
-
16
|1 Corintios 14:16|
Anders, as jy met die gees dank, hoe sal hy wat die plek van 'n onkundige inneem, amen sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie?
-
17
|1 Corintios 14:17|
Want jy dank wel goed, maar die ander een word nie gestig nie.
-
18
|1 Corintios 14:18|
Ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal;
-
19
|1 Corintios 14:19|
maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tien duisend woorde in 'n taal.
-
20
|1 Corintios 14:20|
Broeders, moenie kinders wees in die verstand nie, maar wees kinders in die boosheid en wees volwassenes in die verstand.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5