- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									21
									 
									 
									|1 Corintios 14:21|
									In die wet is geskrywe: Ek sal deur mense van ander tale en deur ander lippe tot hierdie volk spreek, en ook so sal hulle na My nie luister nie, sê die Here.									
									    
								 
- 
									
									22
									 
									 
									|1 Corintios 14:22|
									Die tale is dus 'n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges.									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|1 Corintios 14:23|
									As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale spreek en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie sê dat julle kranksinnig is nie?									
									    
								 
- 
									
									24
									 
									 
									|1 Corintios 14:24|
									Maar as almal profeteer en daar 'n ongelowige of 'n onkundige binnekom, dan word hy deur almal oortuig, deur almal beoordeel;									
									    
								 
- 
									
									25
									 
									 
									|1 Corintios 14:25|
									en so kom die geheime van sy hart aan die lig. En so sal hy op sy aangesig val, God aanbid, en verkondig dat God werklik onder julle is.									
									    
								 
- 
									
									26
									 
									 
									|1 Corintios 14:26|
									Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle 'n psalm of 'n lering of 'n taal of 'n openbaring of 'n uitlegging--laat alles tot stigting geskied.									
									    
								 
- 
									
									27
									 
									 
									|1 Corintios 14:27|
									En as iemand in 'n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlê.									
									    
								 
- 
									
									28
									 
									 
									|1 Corintios 14:28|
									Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek.									
									    
								 
- 
									
									29
									 
									 
									|1 Corintios 14:29|
									Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel.									
									    
								 
- 
									
									30
									 
									 
									|1 Corintios 14:30|
									Maar as daar iets geopenbaar is aan 'n ander wat daar sit, laat die eerste swyg.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15